Stuur vir my ’n navraag of boodskap hier.

Slim Juff – Sanita Welgemoed

Ek was ‘n Grondslagfase onderwyseres vir baie jare. Die ervaring om met jong kinders te werk, was ook vir my ‘n leerskool. Dit het my laat besef dat wanneer ‘n kind se grondslag nie behoorlik vasgelê is nie, die kind altyd een of ander agterstand sal hê. Dit het daartoe aanleiding gegee dat ek my verder bekwaam het as Remediërende terapeut.  Ek het vir jare in privaat praktyk as Remediërende spesialis gewerk. Ek was ook gemoeid by die opleiding van Onderwysstudente aan die universiteit en het ek ook op so manier gepoog om van my ervaring terug te ploeg.
Jong leerders is my passie. Onderwysers lê my ook na aan die hart. Daarom die begin van hierdie webblad.