Welkom by SLIM JUFF!
Hierdie is ‘n webwerf met ‘n VERSKIL. Hulpbronne vir onderwysers en ouers van Gr 1 tot Gr 3 leerders. Meeste hulpbronne is in beide AFRIKAANS en ENGELS beskikbaar.
Graag stel ons SLIM JUFF aan u bekend. Ons webwerf sal daagliks uitbrei, aangesien ons ook graag van u wil hoor rakende u behoeftes. Indien dit doenbaar is, sal ons dit graag voorsien.
‘n Bietjie agtergrond: Ek was ‘n Grondslagfase-onderwyseres vir baie jare. Die ervaring om met jong kinders te werk, was ook vir my ‘n leerskool. Dit het my laat besef dat wanneer ‘n kind se grondslag nie behoorlik vasgelê is nie, die kind altyd een of ander agterstand sal hê. Dit het daartoe aanleiding gegee dat ek my verder bekwaam het as Remediërende terapeut – ten einde die leerders ook na GF by te staan. So het ek vir jare in ‘n privaat praktyk as Remediërende spesialis gewerk. Ek was ook gemoeid met die opleiding van Onderwysstudente aan die universiteit en het ook op so ‘n manier gepoog om van my ervaring terug te ploeg.
Jong leerders is my passie. Onderwysers lê my ook na aan die hart. Daarom die begin van hierdie webwerf. Hopelik sal Slim Juff albei hierdie fasette aanspreek: hulp vir juffrou en kwaliteitprodukte vir die leerders.
Opvoeders word toegegooi deur administratiewe pligte en allerlei uitdagings in die klaskamer. Ons besef die waarde van hulpmiddels by die aanbieding van lesse vir jong leerders, daarom maak ons die hulpmiddels graag namens u. Ons sou ook graag wou help met ’n mooi, kleurvolle klaskamer!
Tweede Addisionele Tale
Een van die “nuwe” uitdagings vir u as GF-Onderwyser, is die aanbieding van TWEEDE ADDISIONELE TAAL vir nie-Afrikataalsprekers. Ons probeer u ook hierin bystaan met die skep van produkte in twee van die TWEEDE ADDISIONELE tale, nl. SESOTHO en isiXHOSA.
Aangesien u as GF-Onderwyser met vele uitdagings te kampe het in terme van vol klaskamers en leerders met verskillende leerhindernisse, sluit ek dan by ons webwerf ‘n afdeling in vir u wat spesifiek daarop gemik is om hierdie leerders by te staan. Onderwysers kan dit gerus gebruik vir Leerderondersteuning, intervensie en didaktiese hulp.
Hulpbronne is geskoei op CAPS as riglyn.
Laastens, wil ek u graag uitnooi om navrae te rig rakende hulpbronne waaraan u ‘n behoefte het. Indien dit enigsins moontlik is, vervaardig ons dit vir u.
U as onderwyser kan dus op u lesse fokus en van SLIM JUFF se hulpbronne gebruik maak. Sodoende spaar u kosbare tyd en gaan SLIM te werk. Vandaar die naam: SLIM JUFF.
** Besoek asb. ook ons – SlimJuff FACEBOOK blad !