Afrikaans Huistaal:
Hulpbronne is vir Gr 1 – 3 onderwysers. Die hulpbronne is van uiteenlopende aard. Daar is bv. hulpbronne wat direk van toepassing is op die spesifieke kwartaal en ander wat as inoefening gebruik kan word.
Daar is taakkaarte oor die Oxford Storieboom reeks (Gr 1 en Gr 2)
Hulpbronne sal op gereelde basis aangevul word.
• Laat hoor gerus van u. Indien daar ‘n spesifieke hulpbron is waarna u op soek is, en dit vir ons moontlik is om te maak, help ons graag.
Eerste Addisionele Taal: Engels
Wees asb geduldig. Hierdie is ‘n splinternuwe webwerf. Ek ontwikkel so vinnig moontlik. Hou die spasie gerus dop!
Tweede Addisionele Tale: isiXhosa & Sesotho
Die doel van die 2de Addisionele taal se hulpmidddels is om aangewend te word in die onderrig van die 2de Addisionele tale vir Afrikaans- en Engelssprekende leerders. Hulpmiddels sluit in:
• ‘n Volledige boekie vir die hele jaar se gebruik in isiXhosa (Gr 1)
• Muurkaarte met pragtige, kleurvolle prente wat gekoppel word aan ‘n wye reeks temas vir die onderrig van die 2de Addisionele taal.
• Flitskaarte vir die onderrig en aanleer van die 2de Addisionele taal.
• Die muurkaarte bevat ‘n kleurvolle prent en woordeskat in 3 tale
(Afr/Eng, Sesotho en isiXhosa).



