Volg die onderstaande aanwysings om direk vanuit die SlimJuff Winkel aankope te doen.

 HOE BESTEL EN BETAAL EK?

  1. Gaan na die “Registreer Nou” afdeling en teken in om jou Gratis FREEBIE te ontvang. Die aksie sal jou op die SlimJuff Winkel” poslys plaas waar ons jou op hoogte sal hou van nuwe produkte en promosie items. Registreer met die korrekte e-posadres. Hulpbronne word na u e-posadres gestuur.
  2. Gebruik die “Slim Juff Winkel”-afdeling om produkte te vind. Klik dan die “Add to cart”-opsie om produkte in die mandjie te plaas.

OF

Indien u nie seker van u itemkeuse is gedurende aankope nie, kan die items in die wenslys gestoor word vir latere besigtiging en/of byvoeging in die mandjie. Klik in so ‘n geval die “Plaas eers in wenslys”-opsie.

3. Om aankope te finaliseer, gaan na die “Menu Bar.” Regs bo verskyn die verkoopsmandjie. Selekteer die opsie om die gekose items te neem na finale besigtiging en/of direk na “Check out”.

4. Plaas u bestelling deur te klik op “Place your Order”.

5. U sal ‘n e-pos ontvang met ‘n bestelnommer asook bankbesonderhede vir inbetaling. Gebruik asb. die bestelnommer as verwysing gedurende inbetaling.

BELANGRIK: Elektroniese inbetalings (EFT) word sterk aanbeveel.

NB: VIR VINNIGE ONTVANGS,STUUR DADELIK BEWYS VAN BETALING NA:  admin@slimjuff.co.za

DIREKTE KONTANTINBETALINGS sal ‘n sekere heffing in die totale bedrag meebring weens bankkostes.