Beskrywing
Die Corgis geniet Valentynsdag – Leesboek
Die leesboek bestaan uit 10A4-blasye met pragtige, kleurvolle illustrasies
Hierdie is ‘n vrolike en hartroerende storie vir jong lesers, propvol kleurvolle illustrasies en prettige hondekarakters. Buddy, Gracie en hul maats by Blaffie Laerskool ontdek op Valentynsdag die ware betekenis van omgee, vriedskap en om ander spesiaal te laat voel. Deur klein, vriendelike dade en opregte waardering leer die Corgis dat liefde nie net oor geskenke gaan nie, maar oor harte wat ons raak. Hierdie storie dra ‘n kosbare lewensles oor en sal elke jong lesertjie se hart warm laat klop.













